Database of African Theses and Dissertations including Research (DATAD-R)

Die soewereiniteit van God in Bybelse perspektief met die oog op wetenskap en onderwys

Show simple item record

dc.contributor Lombard, J. C.
dc.creator Greyvenstein, Matthys Marius
dc.date 2018-08-30T11:17:39Z
dc.date 2018-08-30T11:17:39Z
dc.date 1985-12
dc.date.accessioned 2018-08-30T22:39:58Z
dc.date.available 2018-08-30T22:39:58Z
dc.identifier http://hdl.handle.net/11660/9189
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/11660/9189
dc.description Afrikaans: Gesien vanuit Christelik-gelowige oogpunt dui die tema op een van die mees fundamentele konstateringe van die Heilige Skrif, naamlik die soewereiniteit van God oor sy ganse skepping. Die implikasie van hierdie feit, is dat die eer van Gods Naam (soos die Skrif dit as Leitmotiv stel), deur die mens, as gehoorsme-beelddraer van God, op elke lewensterrein gesoek moet word. Wetenskap en onderwys word ook hiermee ingesluit. Kortom kom dit daarop neer, dat die aarde en die volheid daarvan aan God, die HERE, behoort en dat niks neutraal is nie. Wanneer "iets" van die onselfgenoegsame skepping neutraal gestel word, is dit duidelik verabsólutering (resp. vergoddeliking) van die immanente laan Gods wet onderworpe) skepseIding. Hierdie studie wil daartoe bydra om die soewereiniteit van God, in hierdie gebroke en met sonde-belaaide wêreld en - samelewingsorde wat die mens van God, met die hele hart belemmer en soms selfs stuit, steeds voorop te stel - spesifiek vir wetenskaps-beoefening. As geskape beelddraer van God, staan die mens in 'n besondere verhouding tot God. 'n Verhouding wat van die mens 'n religieuse wese maak in al die uitinge van sy hart. In hierdie lig is dit duidelikdat die religie wat beslag lê op die hart van die mens, sy lewens en wêreldbeskouing sal bepaal. Wanneer hierdie religie egter nie Christelik is nie, is dit humanisties. Lê die humanistiese grondmotief beslag op die hart, is al die lewensuitinge apostaties gerig - dus nie op die ware God nie. Lê die Christelike grondmotief van skepping, sondeval, verlossing en voleindig egter beslag op die hart, is die noodwendige implikasie dat die mens in al sy lewensuitinge die eer van God voorop moét stel. Tertium non datur! Die Grieks-heidense grondmotief lei tot natuurverafgoding; die Roomse-Katolisisme lei tot die verkerkliking van die ganse lewe; die humanistiese grondmotief lei tot die verabsolutering van die mens met sy sg. outonome rede wat Sekularisme bevorder; die Bybelse grondmotief, wat die eer van God voorop stel, lei tot die ver-Christeliking van die ganse lewe, soos die appél van die Bybelse perspektiewe dit stel. Die band tussen religie en alle lewensuitinge van die mens - hetsy apostatles ot anastaties - kan nie geloën word nie. Daarom sal die religie wat beslag iê op die hart, die mens noop om elke lewensuitinge, w.o. ook wetenskap en onderwys, tot eer van God, of dan in apostatiese rigtlng, tot eer van een of ander idool te ontsluit. Wanneer die Christelike religie die dryfkrag van die mens se hart is, dan is die vraag, "waarom Christelike wetenskap", 'n retoriese vraag, soos hootstuk 2 dit laat blyk. Die Christendom bevind hom tans egter in 'n krisis. Die ontkenning en dle ontkoppeling van dle verband tussen die Chriselike religie en 'n lewensuiting van die mens, werk vanuit die Roomse Skolastiek, die Protestantse en Geretormeerde Skolastiek, en tot 'n groot mate ook die Metodisme en Piëtisme, en geheel en al deur die moderne Humanisme met al sy uitlopers, verlammend in, in die daarstelling van n Christelike "doen en late" op elke lewensterrein. Hierdie negatiewe tendens ondermyn die ware geloof en geloofsgehoorsaamheid aan die verbondsgod en dus ook die rigting waarin wetenskapbeoefening en onderwys moet ontsluit. Lynreg hierteenoor stel ons, in gehoorsaamheid aan die Woord van God, die Bybelse grondmotief van skepping, sondeval, verlossing en voleinding soos deur die Christelike wysbegeerte gestel. God is die Skepper en onderhouer van die ganse geskape werklikheid in sy ryke verskeidenheid (Gen. 1; Ps. 24:1). God het 'n bepaalde wetsorde vir sy skepping gegee. Die ganse skepping is onderworpe aan hierdie wetsorde van God. Die wetenskaplike kan hierdie wetsorde ontdek, ondersoek, teoreties formuleer en prakties gebruik. vanweë Sy geskapenheid na die beeld van God, moet die mens gehoorsame heerser en dienaar in die skepping van God wees - in diens van God moet hy heers oor die skepping (Gen. 1:28) en dit ook ontsluit tot eer van God, want die ganse skepping is eer aan God verskuldig (Ps. 104; Ps. 148). Om wetenskaplike kennis aangaande die skepping in te win, is om Gods almag en grootheid nog beter te ken en Hom dienooreenkomstig nog meer te eer en te verheerlik. Die radikaliteit van die sonde kan egter nie geloon word nie (Gen. 3; Kom. 1:18-32; Rom. 3:9-20). A.g.v. die sondeval ken die mens nou egter slegs ten dele (1 Kor. 13:9), en daarom roep die ganse skepping om verlossing in Christus (Rom. 8:22). Oak dle wetenskaplike kenne is nou slegs den dele. In Christus het God egter die ganse wêreld met Homself versoen (Kom. 11:3b; Kol. 1:15-20) - alleen in Christus vind die ganse skepping sin (-volheid), dus ook die wetenskap en die onderwys. Die Heilige Gees is ook Herskeppingsmiddelaar en laat die mens deel kry aan Christus en sy weldade. Die impIikasie hiervan is dat dié nuwe mens al die uitgange van sy hart anastaties sal rig. Kol 3 roep die mens op tot 'n heilige lewe. Ook die eerste drie bedes van die Onse Vader eis die Heiliging van Gods Naam op aarde, die uitbreiding van sy Koninkryk en die gehoorsame doen van sy Wil (Matt. 6:9-10). Die Christelike wetenskap is die gehoorsame luister na die woord, die doen van Gods wiI, die soeke na Gods eer alléén, en die deelname aan die uitbreiding van sy Koninkryk op aarde. Eers by die voleinding van alles sal Christus God se ware Koninkryk ten volle herstel. Binne die konteks van die Bybelse grondmotief blyk dit dus by die uitstek dat God die Vader, die Skepper en Onderhouer en Regeerder van sy ganse skepping is; dat die ganse skepping deur dle radikaliteit van die sonde getref is en gevolglik om verlossing roep; dat Christus onmiddelik na die sondeval ingetree het as Verlosser en Herskepper wat die ganse geskape werklikheid in stand hou dat die Heilige Gees in kosmiese sin die gelaat van die aarde nuut maak; dat Christus in die voleinding van alles, God se ware Koninkryk ten volle sal herstel. Uit die bevindings van hierdie Bybelkundige studie kom ons tot net een slotsom: alles wat jy doen, doen dit tot eer en verheerliking van God, want Syne is die Heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
dc.description RGN
dc.language af
dc.publisher University of the Free State
dc.rights University of the Free State
dc.subject Theology
dc.subject Religion and science
dc.subject Providence and government of God
dc.subject Dissertation (M.A. (Biblical Studies))--University of the Free State, 1985
dc.title Die soewereiniteit van God in Bybelse perspektief met die oog op wetenskap en onderwys
dc.type Dissertation


Files in this item

Files Size Format View
GreyvensteinMM.pdf 12.37Mb application/pdf View/Open

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record

Search DATAD-R


Browse

My Account